NewsSchools

Leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie ryg pryse in

Hubert Terblanche het die Ligbron Ambassadeurstrofeë; vir 2021 ontvang. Hierdie trofee word toegeken aan die leerder wat die grootste bydra gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hul skoolloopbaan.

ERMELO – Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is onlangs, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie, vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar vereer.

Hubert Terblanche het die Ligbron Ambassadeurstrofee vir 2021 ontvang.

Hierdie prys word aan die leerder wat die grootste bydra gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hul skoolloopbaan toegeken.

Hy het ook toekenings vir die beste voorspeler van die eerste rugbyspan en vir leierskap ontvang.

Nadine Brelage is as die duxleerling met ’n gemiddeld van 97,29% aangewys. Sy het ’n toekenning vir 12 jaar se 100% skoolbywoning en beste kreatiewe skryfwerk gekry.

Die beste kreatiewe skrywer in Engels huistaal was Akhonakhe Magagula.

Carina Visagie het ’n toekenning vir die suiwer gebruik van Afrikaans ontvang.

Zené Jonker het die pryse vir leierskap, senior victrix ludorum, asook vir die beste agterspeler van die eerste hokkiespan ontvang.

Kgomotso Maroga is as die beste tegniese dogter aangewys.

Die leerder wat die grootste bydrae op kulturele gebied gelewer het, was Zack Bosman, terwyl Dané le Roux die grootste bydra tot netbal en Carla Niebuhr tot hokkie gemaak het.

Hendrico Jansen van Rensburg het ’n toekenning vir 12 jaar se 100% skoolbesoek ontvang.

Kwanele Nkambule is as vanjaar se veelsydigste sportman aangewys en het die toekenning vir senior victor ludorum ontvang.

Liam Olivier was die beste hokkiespeler asook die beste voorspeler in rugby.

Buhle Mangane is as die beste agterlynspeler van die eerste rugbyspan aangewys en BJ Kritzinger het die beste vordering in rugby gemaak.

Related Articles

Back to top button