Local newsNews

‘Altyd glimlaggende’ karwag van Ermelo sterf

Hy het homself sedert 2003 in Ermelo bevind, waar hy die besluit moes neem om ’n karwag te word om sy staatspensioen aan te vul.

ERMELO – Mnr. Dries du Plooy (67), ’n bekende karwag, is op 25 Oktober in Ermelo Provinsiale Hospitaal oorlede.

Volgens sy vrou, me. Stephanie du Plooy, was hy op 19 Oktober in die hospitaal opgeneem.

Hy is op 23 Februarie 1955 gebore en het aan die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine gematrikuleer.

Me. Du Plooy het vertel dat hy ’n gekwalifiseerde motorwerktuigkundige was en was vroeër vir sowat 21 jaar lank ’n staandemag lid in die SA weermag, maar moes weens gesondheidsredes die mag verlaat.

Mnr. Dries du Plooy (67) is op 25 Oktober oorlede. Hier is hy saam met sy vrou, me. Stephanie du Plooy. (Foto: Verskaf)

Hy het homself sedert 2003 in Ermelo bevind, waar hy die besluit moes neem om ’n karwag te word om sy staatspensioen aan te vul.

Sy besluit om ’n motorwag te word, was nie ’n maklike een nie, met lang ure waar mens aan al die elemente van winter en somer blootgestel word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button