Driejarige in ernstige toestand het gemeenskap se hulp nodig

Lize-Mari slaap aaneen en wil glad nie vloeistof inneem of eet nie. Haar ma moet haar wakker maak om water te drink.

ERMELO – Die driejarige Lize-Mari Strydom het onlangs onverklaarbaar siek geword en haar toestand het sedertdien vererger.

Volgens haar ma, me. Melanie Strydom, het haar dogtertjie op 21 Oktober van ’n trampolien geval.

Dit het voorgekom asof sy geen beserings opgedoen het nie, maar sowat drie dae later het klein Lize-Mari begin siek word.

Haar ma het aan Hoëvelder vertel dat haar toestand by die dag vererger het, en sy is op 26 Oktober in die Ermelo Provinsiale Hospitaal opgeneem.

Die dokters het ‘n CT-skandering gedoen, maar kon geen fout vind nie. Haar bloedtoetse het ook geen probleme aangedui nie.

“Nie ons of die dokters weet wat is fout met ons dogtertjie nie, maar haar toestand bly vereger,” sê me. Strydom.

Lize-Mari slaap aaneen en wil glad nie vloeistof inneem of eet nie. Haar ma moet haar wakker maak om water te drink.

Die gesin poog om hul dogtertjie na die Steve Biko Akademiese Hospitaal te laat oorplaas, sodat hulle verdere uitsluitsel kan kry oor haar wat haar toestand veroorsaak.

“Ons wil haar graag na ’n ander hospitaal neem, want dit voel of ons geen hulp hier kry nie en my dogtertjie raak net sieker,” het ’n emosioenele me. Strydom gesê.

Indien iemand dié gesin finansieel wil bystaan sodat hulle klein Lize-Mari na ’n ander hospitaal kan oorplaas, kan skenkings na die volgende bankrekening betaal word:

Care Bears Volunteers, TymeBank, takkode: 678910, tjekrenening, rekeningnommer: 53000747830, verwysing: Lize-Mari.

Vir meer inligting oor skenkings, kontak me. Julia Basson van die Care Bears by 060 905 7150.

Exit mobile version