Local newsNews

Liggies skyn helder by pretwedloop vir Daniel en Isabella

Sowat 250 Ermeloërs gekleë in helder kleure, en prettige pruike was gereed met hul flitse en kopligte om die roete in die aand aan te pak.

ERMELO – ’n Groep inwoners van Ermelo het na die onlangse tragedies wat in Ermelo afgespeel het, met Daniel Kerswell (2) en Isabella Stark (1), besluit om ’n pretdraf te reël om geld in te samel.

Dié pretdraf het op 7 Oktober by Kralinbergh Gastehuis plaasgevind.

Klein Daniel is op 5 September tydens ’n fratsongeluk by hul huis raakgery, en klein Isabella is op 20 September oorlede, nadat sy geval het en aan fyngekapte neute verstik het.

Sowat 250 Ermeloërs gekleë in helder kleure, en prettige pruike was gereed met hul flitse en kopligte om die roete in die aand aan te pak.

Me. Kate du Plessis, organiseerder van die pretdraf, het vertel dat hulle ’n groot kans gewaag het om die byeenkoms in slegs twee weke te reël, maar was oorweldig deur die groot belangstelling van die gemeenskap.

Die groep het daarin geslaag om meer as R17 000 by die geleentheid in te samel, en ’n verdere R42 000 is in die rekening, deur mense wat by die geleentheid aangesluit het of bloot net ’n bydrae wou maak, inbetaal.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button