Local newsNews

LUISTER – Oubaas de Jager kuier saam tydens Hoëvelder se eerste potgooi

Vir as die plan nie werk nie, was die plan dan om ook ’n emmer onder sy stert te hang waarin hy gaan mis, en die gewig gaan dan die valskerm laat oopgaan.

Die Hoëvelder is baie opgewonde om ons eerste potgooi aan die gemeenskap bekend te stel.

Ons beoog om weekliks met interessante mense van Ermelo te gesels en het die weeklikse segment met mnr. Oubaas de Jager afgeskop.

Mnr. de Jager wat in 1952 in Ermelo in Jan van Riebeeckstraat gebore is, vertel van al sy herhinerringe in dié straat.

Hy het skertsend vertel dat sy lewe in Jan van Riebeeckstraat begin het en so sal hy ook eendag in dié straat begrawe word.

“Ek is in Jan van Riebeeckstraat gebore en gedoop, ek het my eerste huis gekoop, het die Voorspoed Slaghuis in dié straat besit en ek is aangestel in die polisie.”

Almal weet ook dat mnr. De Jager sinoniem is met die jaarlikse skou en dat die geleentheid hom baie na aan die hart lê.

In 1994 het die skou geld nodig gehad en is daar vir mnr. De Jager gevra om aan iets te dink om soveel as moontlik mense na die geleentheid te lok.

Hy het skertsend ’n voorstel gemaak dat hulle vir Winnie Mandela sonder ’n valsskerm uit ’n vliegtuig moet gooi of sy perd Jontie met ’n valskerm uit die vleigtuig gooi.

Mnr. De Jager het sy planne begin deel dat hulle vir drie dae die perd nie gaan kos gee nie, en dan ’n wortel langs sy bek hang wat aan die valsskerm vasgemaak word, sodat wanneer die perd die wortel gryp dit dan die valsskerm sal laat oopgaan.

Vir as die plan nie werk nie, was die plan dan om ook ’n emmer onder sy stert te hang waarin hy gaan mis, en die gewig gaan dan die valskerm laat oopgaan.

Die storie het groot opslae gemaak, nie net in Ermelo nie maar wêreldwyd.

Hier is so paar tydmerkers met al die hooftrekke van die potgooi:

• 0:55 – Jan van Riebeeckstraat-geskiedenis

• 2:32 – Ermelo-geskiedenis

• 4:12 – Liefde vir Ermelo

• 5:58 – 1968 se perdeongeluk en breinoperasie

• 6:58 – Oorlog in Ermelo

• 9:36 – Ermelo Skou

• 12:00 – Winkelsentrumplanne op skouterrein

• 16:00 – Jontie het die wêreld aan die gons

• 25:53 – Liefde vir Perde

• 27:20 – Suid-Afrikaanse kleure verwerf in vier perdesportsoorte

• 30:30 – SA “Barrelrace”- rekord opgestel

• 40:00 – ACSU

Related Articles

Back to top button