Local newsNews

VIDEO – Man (35) kritiek na botsing op Hendrina-pad

Die ongeluk het omstreeks 11nm op die N11 - tussen Estancia en Hendrina, sowat 23km buite Ermelo, gebeur.

Mnr. Dirk Gouws De Nysschen (35) was op 28 Julie in ā€™n kritieke toestand nadat hy beheer verloor het oor die vragmotor wat hy bestuur het en dit omgekeer het.

Die ongeluk het omstreeks 11nm op die N11 – tussen Estancia en Hendrina, sowat 23km buite Ermelo, gebeur.

Dit is onduidelik wat die presiese oorsaak van die ongeluk was siende daar geen getuies was nie.

Mnr. De Nysschen was alleen in die vragmotor tydens die ongeluk en het glo vanaf Richardsbaai goedere vervoer.

Hy is na wat verneem word, ā€™n inwoner van eMalahleni (Witbank).

Volgens medici van ER24, het mnr. De Nysschen, breinbeserings opgedoen, sy pelvis gebreek en tekens van inwendige bloeding getoon.

Mnr. Dirk Gouws De Nysschen was alleen in die vragmotor tydens die ongeluk en het glo vanaf Richardsbaai goedere vervoer. Foto: Verskaf

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Hoƫvelder.

Related Articles

Back to top button