Local newsNews

TLU SA moedig boere aan om paraat te bly terwyl plaasaanvalle toeneem

Afgesien van stygende misdaad het die inperking ook gelei tot komplikasies wanneer polisiestasies weens Covid-19 besmettings tydelik moes sluit. 

Die Transvaal Landbou Unie (TLU SA) het sy kommer oor die styging van plaasaanvalle uitgespreek wat die afgelope naweek, 25 – 26 Julie, weer gelei het tot vyf moorde.

TLU SA moedig boere, gesinne en werkers aan om paraat te wees.“Die naweek se nege aanvalle het ons waarneming dat die merkbare daling van geweldsmisdade op plase en hoewes gedurende die eerste paar weke van die inperking kortstondig was, bevestig,” het mnr. Henry Geldenhuys, die voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee en adjunk-president van TLU SA, gesê.

“Die eerste ses maande van 2020 is bykans ’n spieëlbeeld van die situasie gedurende dieselfde periode in 2019.”

Afgesien van stygende misdaad het die inperking ook gelei tot komplikasies wanneer polisiestasies weens Covid-19 besmettings tydelik moes sluit.

Volgens mnr. Geldenhuys, is die publiek dikwels nie bewus van alternatiewe kontaknommers vir polisielede by hierdie stasies nie en is dan aan hulself oorgelaat tydens aanvalle.

“TLU SA het lankal reeds besef dat landbouers nie op die regering vir beveiliging kan staatmaak nie.

“Plaasbewoners moet toenemend hul eie vermoëns en kapasiteit om veiligheid te verseker, inspan.

Mnr Geldenhuys is van mening dat die oplossing in persoonlike paraatheid lê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button