Local newsNews

Chris Britz van Ermelo verloor stryd teen Covid-19

Me. Britz het gesê: “Hy sou byna ’n 100 keer op ’n dag vir ons sê dat hy lief is vir ons, en was altyd gereed met ’n kompliment.”

Mnr. Chris Britz (66) van Ermelo het onlangs sy stryd teen Covid-19 verloor.

Hy is sowat twee weke gelede in die hospitaal opgeneem, nadat hy sowel as sy vrou en kind Covid-19 opgedoen het.

Volgens sy vrou, me. Hettie Britz wou haar man eers nie ’n dokter besoek het nie, omdat hy geweet het hy het die virus opgedoen en het reeds die medikasie wat ook vir haar voorgeskryf was, gedrink.

Sy het nadat sy koors vererger het haar man na die dokter toe geneem, en hy is in die hospitaal opgeneem.

Me. Brits het vertel dat haar man sy smaak en reuksintuie verloor het, en het gesukkel met hoë koors en moegheid.

Sy gesin het hom beskryf as ’n liefdevolle mens, wat ure saam met hulle in die dorp kon spandeer en wat van winkel tot winkel saam met hulle gestap het sonder om te kla.

Me. Britz het gesê: “Hy sou byna ’n 100 keer op ’n dag vir ons sê dat hy lief is vir ons, en was altyd gereed met ’n kompliment.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder Koerant.

Related Articles

Back to top button