NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie meld nog drie Covid-19 gevalle aan

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die leerder en sy familie in hul gebede te hou.

’n Personeellid van Ligbron Akademie vir Tegnologie asook twee gr.12-leerders het onlangs positief vir Covid-19 getoets.

Die skoolhoof, mnr. Gerhard Brand, het ’n mediaverklaring uitgereik, waarin genoem is dat die personeellid van die skool se tegniese-afdeling is.

Die persoon is, na wat verneem word, die afgelope naweek in die hospitaal opgeneem.

Twee ander personeellede wat moontlik in aanraking met die betrokke personeellid gekom het, is in isolasie geplaas.

Die Departement van Gesondheid het die skool intussen ook ingelig dat twee van hul gr.12-leerders ook positief getoets het.

Mnr. Brand het in die verklaring alle ouers ingelig dat die skool tydelik gesluit sal wees tot Maandag, 13 Julie.

“Dit gee ons die geleentheid om die koshuise en skoolgebou behoorlik te saniteer en te disinfekteer.

“Die aksie is voorkomend om leerders en personeel te beskerm.”

“Ons doen ’n beroep op ouers om hul kinders se gesondheid te monitor en indien hul enige simptome toon, die kind tuis gehou sal word vir observasie.”

Leerders word aangemoedig om ten alle tye hul maskers te dra en sosiale afstand te hou.

“U kan gerus wees dat Ligbron die situasie met groot verantwoordelikheid hanteer en die leerders sowel as die onderwysers se veiligheid en gesondheid ononderhanderbaar is.”

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die leerder en sy familie in hul gebede te hou.

 

Related Articles

Back to top button