Ongeluk buite Ermelo op Chrissiesmeer-pad eis lewe

Die Hoëvelder kon egter nie dié beserings wat deurgegee is, bevestig nie, en inligting rakende die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik.

’n Ongeluk sowat 10km buite Ermelo op die Chrissiesmeer-pad, het die lewe van een persoon op 3 Julie geëis.

Na wat verneem word het ’n Fortuner met vyf insittendes gerol en eindelik langs die pad tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die voertuig is tydens die ongeluk dood nadat hy glo weens die impak uit die voertuig geslinger is.

Na wat verneem word van medici wat van die ongeluk kennis dra, het die passasiers glo onder andere, rugbeserings en ’n moontlike gebreekte arm opgedoen.

Die Hoëvelder kon egter nie dié beserings wat deurgegee is, bevestig nie, en inligting rakende die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik.

ER24, die plaaslike polisie, wegsleepdienste en die brandweer was op die toneel.

Exit mobile version