Local newsNews

Ermeloërs staan saam om gesinne in nood te help gedurende 21-dae afsonderingsperiode

Met die 21-dae afsonderingsperiode, is daar talle gesinne wat tydelik hul inkomstes verloor het, en me. Bal poog om hulle in dié tyd te ondersteun.

Me. Julia Bal het op 29 Maart kospakkies vir sowat 14 gesinne in Ermelo afgelewer.

Sy het vertel dat Ermeloërs nie geskroom het om donasies te maak nie.

Dit is aan gesinne, wat sukkel om kop bo water te hou weens die afsonderingsperiode, geskenk.

Met die 21-dae afsonderingsperiode, is daar talle gesinne wat tydelik hul inkomstes verloor het, en me. Bal poog om hulle in dié tyd te ondersteun.

Sy het ’n beroep gedoen op enige iemand wat ’n donasie kan bydrae, om haar te kontak.

“Die 21-dae kan baie lank raak vir iemand wat nie geld het om vir hul gesin te voorsien nie.”

Daar is sowat 70 hawelose mense wat by Sport Inn gehuisves word vir dié tydperk en die Ermelo Muslim Community het 170 kospakkies vir dié mense asook ander wat op straat is, geskenk.

Me. Bal het vertel dat daar nog sowat 19 gesinne is waarvan sy tans weet, asook die Children of the Dawn-kinders en die mense wat by Mooihawens woon, wat hulp benodig.

Enige persoon wat ’n bydrae wil maak of hulp nodig het kan me. Bal skakel by 060 905 7150.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button