Local newsNews

Vroue Landbou-unie se Robyntak op Ermelo vier eerste verjaarsdag

Dié vroue het in die jaar nuwe vriendskappe gebou met die oog om ook nuwe lewe in die VLU in te blaas.

Die Vroue Landbou-unie se Robyntak het op 12 Maart hul eerste verjaarsdag met ’n partytjie gepas vir enige eenjarige gevier.

Ná ’n jaar se groeipyne het die tak gewys dat hulle ’n tak is om dop te hou, met nege vroue wat op streekvlak 34 verskillende artikels ingehandig het en met vele pryse weggestap het.

Tydens die Tambukistreekkonferensie wat in Piet Retief plaasgevind het, het me. Lenie Groenewald op streekvlak ’n eerste plek behaal vir haar hekelwerk in sirkelmotief, ’n tweede plek in die handbrei-afdeling vir haar koffiebekertruie en ’n tweede plek in die masjienwerk-afdeling vir haar bolster-kussingoortreksel.

Me. Susan van Wyk het op streekvlak ’n eerste plek in die beginner-afdeling vir blommerangskikking en ’n derde plek vir haar Tandemuis-storie op provinsiale vlak verower.

Dié vroue het in die jaar nuwe vriendskappe gebou met die oog om ook nuwe lewe in die VLU in te blaas.

Daar is gebak, gebrei en heerlik gekuier met elke vergadering.

Me. Lenie Groenewald, VLU Robyntak se voorsitter, het gesê: “Die vroue sien uit na die jaar wat voorlê en ons almal is reefs fluks besig met nuwe artikels.”

Enige iemand wat by dié tak wil aansluit, kan me. Groenewald skakel by 073 254 5467.

Related Articles

Back to top button