Errie-skuts verbeter wéér persoonlike bestes op Bethal

Twee skuts het in die pistoolklas deelgeneem. Hierdie klas bestaan uit drie afdelings, naamlik vrystaande (o/21), gedeeltelikke ondersteuning (o/14) en volle ondersteuning (o/12). Die pistoolkompetisie tel uit 800.

Hoërskool Ermelo se skuts het op 10 en 11 Maart aan die tweede prysskiet op Bethal deelgeneem.

Alhoewel al die skuts goed geskiet het, het sewe van die Erries hul persoonlike beste tellings geskiet. Al die Errie-skuts wat met luggewere skiet, het in die sporterklas, wat uit 1600 punte tel, deelgeneem.

Twee skuts het in die pistoolklas deelgeneem. Hierdie klas bestaan uit drie afdelings, naamlik vrystaande (o/21), gedeeltelikke ondersteuning (o/14) en volle ondersteuning (o/12). Die pistoolkompetisie tel uit 800.

Die Erries het die volgende tellings geskiet:

In die sporterklas het Renel Swanepoel 1330 (persoonlike beste) behaal, Pieter de Beer 1302, Dehandri Morkel 1262, John-Henri van Zyl 1223, Herentia van Zyl 1178 (persoonlike beste), GJ Swanepoel 1167 (persoonlike beste), Elrize du Preez 1120 (persoonlike beste), LJ Buys 1052 (persoonlike beste) en De Wet Bergh 1025 (persoonlike beste). Rinus Louw verbeter ook sy persoonlike beste.

In die pistoolklas het Emma Stevens 663 in die vrystaande-afdeling behaal en Reynhardt de Beer (Laerskool JJ van der Merwe) het 624 punte in die volle ondersteuning-afdeling verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version