NewsSchools

Hoërskool Ermelo se groentjies lewer spogproduksies

By EHS neem nie net die gr. 12 en gr. 8-leerders aan groentjies deel nie, maar die oorblywende grade moet onder leiding van die gr.11-dirigente ook ’n huisdans doen.

Hoërskool Ermelo se jaarlikse groentjiekonsert het op 17 Maart plaagevind en die dag is met groot opwinding afgeskop.

Die Erries het gewys wat hulle onder druk kan vermag, met die temas en vereistes van vanjaar se groentjies wat op 6 Maart aan die leerders gegee is.

Die gr. 12-leerders moes self die konsert skryf, dekor bou, kostuums en danse uitwerk – dit alles binne slegs ’n paar dae tussendeur hul sport- en akademiese verpligtinge.

’n Halfuur voordat die konsert begin het is daar ook aan elke huis ’n verrassingselement gegee wat in die konsert gebruik moet word.

By EHS neem nie net die gr. 12 en gr. 8-leerders aan groentjies deel nie, maar die oorblywende grade moet onder leiding van die gr.11-dirigente ook ’n huisdans doen.

Jaar na jaar is die groentjiekonsert een van die hoogtepunte op EHS se kalender.

Dorpshuis het vanjaar koning gekraai op die verhoog en is as die algehele wenners aangekondig.

Die ander uitslae van 2020 se groentjiekonsert was:

Beste dirigente-aankoms: Nelstehuis
Beste huisdans: Nelstehuis
Beste uitbeelding van die tema: Dorpshuis
Beste advertensie: Nelstehuis
Beste kostuums: Nelstehuis
Beste dekor: Nelstehuis
Beste groentjiedans in konsert: Dorpshuis
Beste humor: Dorpshuis
Beste nuusberig: Huis Veltman
Beste storieverteller(s): JF Moller en Melissa Olivier van Dorpshuis, asook Katelyn Potgieter van Nelstehuis
Beste akteur: Marnus Marx van Dorpshuis
Beste aktrise: Mia Davel van Nelstehuis
Beste gebruik van verrassingselement: Huis Veltman
Beste konsert: Dorpshuis

Related Articles

Back to top button