Local newsNews

SAVF Huis Ermelo maak te midde Koronavirus deure toe vir besoekers

Slegs medici word sedert die nuwe instelling op die perseel toegelaat, gegewe die nodige voorsorgmaatreëls gevolg word.

Te midde van die Koronavirus-pandemie en ter voorsorg, moes die SAVF Huis Ermelo noodgedwonge ’n besluit neem om geen besoekers, familie of vriende, tot en met verdere kennisgewing, toe te laat om inwoners te besoek nie.

Die Departement van Gesondheid het die inperking op 17 Maart deurgegee.

Voor die implementering hiervan, moes alle persone wat die perseel besoek het se hande gesaniteer word, voordat hulle die perseel kon betree.

Slegs medici word sedert die nuwe instelling op die perseel toegelaat, gegewe die nodige voorsorgmaatreëls gevolg word.

Dit sluit die dra van ’n gesteriliseerde gesigmasker, handskoene en voorskoot in.

Wanneer hulle die tehuis verlaat, word die uitrusting gekonfiskeer.

Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, me. Lindiwe Zulu, het deurgegee dat dié protokol tot en met 14 April gevolg moet word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button