NewsSchools

Liggies wys hul staal teen Vereeniging Gimnasium

Ligbron se dogters hokkiespanne het skitterend gespeel en pragtige uitslae behaal; eerstspan wen 5-0, tweedesspan het gelykop met drie doele elk gespeel.

Dit was ’n goeie sportdag vir Ligbron Akademie vir Tegnologie toe die wintersportspanne van Ligbron en Vereeniging Gimnasium mekaar op 14 Maart, vir ‘n groot Superreeks kragmeeting ontmoet het.

Beide skole het gesorg vir ’n opwindende dag propvol aanskoulike oomblikke.

Die rugbyspanne se uitslae is soos volg: die Calstar Group Eerstespan het hulle wedstryd met 26-22 gewen, terwyl die tweedespan en derdespan onderskeidelik 33-0 en 40-0 gewen het.

Ligbron se vierdespan het 12-39 verloor.

Die 0/16A-span het hul teenstanders 64-0 geklop, die 0/15A-span het 55-7 gewen, 0/14A-san het 57-0 en die 0/14B-span 59-10 gewen.

Die eerste netbalspan het 25-18 gewen en die tweedespan het 7-19 verloor.

Die ander uitslae is; 0/16A-span verloor 4-26, 0/16B verloor 6-12, 0/15A verloor 10-22, 0/15B wen 10-7, 0/14A wen 20-2 en die 0/14B wen 25-3.

Ligbron se dogters hokkiespanne het skitterend gespeel en pragtige uitslae behaal; eerstspan wen 5-0, tweedesspan het gelykop met drie doele elk gespeel.

Die 0/16-span het hul teenstanders 12-2 geklop en die 0/14span het 3-0 gewen.

Related Articles

Back to top button