Local newsNews

Vroue Lansbou-unie se Talento Mulher op Ermelo maak hul merk by streekskonferensie

Tambukistreek se skakelbeampte, me. Junita van Rooyen, het die vroue toegespreek en ook die takke se laagtepunte en hoogtepunte van die jaar bespreek.

Die Vroue Landbou-unie se Talento Mulher-tak het onlangs die Tambukistreekskonferensie in Piet Retief bygewoon.

Me. Sue Nell, voorsitter van Talento Mulher, en me. Elzabe Harmse het hulle 20-jaar knopies vir hul deelname aan die VLU ontvang.

Me. Elsa de Villiers het ’n eerste plek vir haar Beet-item ontvang.

LEES OOK: VLU Talento Mulher-tak geniet eerste vergadering

Tambukistreek se skakelbeampte, me. Junita van Rooyen, het die vroue toegespreek en ook die takke se laagtepunte en hoogtepunte van die jaar bespreek.

Sy het die trofee vir die Skakelbeampte van die Streek aangewys en die trofee aan Amersfoort oorhandig.

Die tak sien uit na ’n opwindende jaar met groot dinge wat vir hulle voorlê.

Related Articles

Back to top button