Local newsNews

VLU Robyntak ontvang pryse by Tambukistreekkonferensie

Me. Susan van Wyk het op streekvlak ’n eerste plek in die beginner-afdeling vir blommerangskikking en ’n derde plek vir haar Tandemuis-storie op provinsiale vlak verower.

Die Vroue Landbou-unie se Robyntak-lede het onlangs die Tambukistreekkonferensie wat in Piet Retief plaasgevind het, bygewoon.

Me. Lenie Groenewald het op streekvlak ’n eerste plek behaal vir haar hekelwerk in sirkelmotief, ’n tweede plek in die handbrei-afdeling vir haar koffiebekertruie en ’n tweede plek in die masjienwerk-afdeling vir haar bolster-kussingoortreksel.

Sy het op provinsiale vlak ’n eerste plek in handbrei en ’n tweede plek in die hekel van ’n polssierband-afdeling verower.

LEES OOK: VLU-lede vier Valentynsdag op Ermelo

Me. Susan van Wyk het op streekvlak ’n eerste plek in die beginner-afdeling vir blommerangskikking en ’n derde plek vir haar Tandemuis-storie op provinsiale vlak verower.

Sy het ook ’n goue sertifikaat vir die beste vordering van ’n nuwe lid ontvang.

Related Articles

Back to top button