Gebruik dié eenvoudige kolwyntjie-resep en bak saam met die Hoëvlder vir kinders met kanker

Die Hoëvelder nooi ook alle ywerige bakkers wat wil skenkt om 12 of 24 kolwyntjies te bak, wat op 12 Februarie by die Hoëvelder-kantore by 14 Murray Straat ingehandig kan word.

Die Hoëvelder wil ‘n verskil maak in die lewens van kinders met kanker en werk saam met “Cupcakes of HOPE”, ’n nie-winsgewende maatskappy  en openbare weldaadsorganisasie wat daarop gemik is om bewusmaking oor kinderkanker te bevorder en geld in te samel vir gesinne wat mediese hulp benodig.

Die Hoëvelder-personeel het hul bakvoorskote gereed en beplan om kolwyntjies te bak wat op Donderdag 13 Februarie by ’n stalletjie by TWK Isuzu Ermelo, 120 Kerkstraat, verkoop gaan word.

Die kolwyntjies word vir R5 elk verkoop, maar enige donasies word welkom.

Die Hoëvelder nooi ook alle ywerige bakkers wat wil skenkt om 12 of 24 kolwyntjies te bak, wat op 12 Februarie by die Hoëvelder-kantore by 14 Murray Straat ingehandig kan word.

Hier is ’n spot-maklike resep van die Flatervrye Resepte-blad op Facebook.

Magda van Wyk

BESTANDDELE:
3 ¾ koppies koekmeel
2 ¼ koppies suiker
2 koppie melk
1 ½ koppie botter
5 eiers
4 ½ ml sout
4 ½ teelepels bakpoeier
1 ½ teelepel vanilla

METODE:
Klits botter en suiker tot room.
Voeg eiergele by en dan geursel en meng goed.
Sif droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel asook die melk.
Klits die eierwitte styf en vou by beslag in.
Skep in kolwyntjiepanne wat met papiertjies gevoer is en skep half vol beslag.
Bak tot gaar ongeveer 20 minute by 160°C.

Exit mobile version