Local newsNews

Interras-skaapkampioenskap ‘n eerste by vanjaar se fees

Die rasse wat by vanjaar se Hoëveld Landboufees te sien sal wees, sluit in: Merino, Dohne Merino, SA Vleismerino, Afrino, Ile de France en Merino Landskaap.

Hoëveld Landboufees bied vanjaar vir die eerste keer ‘n interras-skaapkampioenskap tydens die skou wat vanaf 5 to 7 Maart plaasvind.

Dié kampioenskap laat boere skape van verskeie rasse, soos die vleisrasse teen die wolrasse, meeding om die kampioen te kroon.

Boere in die omgewing is opgewonde om vanjaar aan dié besonderse kampioenskap deel te neem en nooi almal om ‘n draai by die skaaptent te maak om topgehalte skaaprasse te aanskou.

Die onderskeie skou-klasse waarin meedeging sal word, sluit in:
• Ooi-lamme
• Ram-lamme
• Tweetand-Ooi
• Tweetand-Ram
• Viertand-volbek-ooi
• Viertand-volbek-ram
• Ooi en lam
• Groep van drie (vroulik)
• Groep van drie (een manlik en twee vroulik)
• Beste paar
• Ram-kampioen
• Ooi-kampioen
• Groot-kampioen

Die rasse wat by vanjaar se Hoëveld Landboufees te sien sal wees, sluit in: Merino, Dohne Merino, SA Vleismerino, Afrino, Ile de France en Merino Landskaap.

Vir meer inligting, kontak mnr. Tobie Alexander by 082 820 5858.

Related Articles

Back to top button