Erries meet kragte tydens jaarlikse Interhuis-byeenkoms

Hoërskool Ermelo se 2020 Interhuis-byeenkoms sal vanjaar in besonder onthou word vir Tyron Berning, ’n gr. 8 leerder, wat daarin geslaag het twee rekords (hoogspring en 300m hekkies) wat al jare gelede opgestel is, te verbeter.

Hoërskool Ermelo het die 2020-atletiekseisoen met hul jaarlikse Interhuis-byeenkoms afgeskop waar die wit, rooi en groen spanne in goeie gees met mekaar kragte gemeet het.

Die spanne ontvang nie net toekennings vir uitnemende atletiek nie, maar die span met die meeste punte ontvang ook ’n toekenning.

Hoewel al die leerders nie lang asems het nie, word daar steeds met oorgawe aan elke item deelgeneem om punte vir hul span in te vorder.

Soms moes beamptes en toeskouers buk en koes vir ’n verdwaalde spies of ’n skyfwerp wat nie by die beplande rigting hou nie.

LEES OOK: Errie-ruiters presteer by SA-kampioenskap

Hoërskool Ermelo se 2020 Interhuis-byeenkoms sal vanjaar in besonder onthou word vir Tyron Berning, ’n gr. 8 leerder, wat daarin geslaag het twee rekords (hoogspring en 300m hekkies) wat al jare gelede opgestel is, te verbeter.

By die juniors het Mia Davel met die junior victrix ludorum-titel gespog en Tyron Berning as junior victor ludorum.

Lana Herholdt is as die senior victrix ludorum aangewys en Marius Nel as die senior victor ludorum.

Mia Davel ontvang die trofeë vir die junior victrix ludorum van mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se skoolhoof. (Foto: Verskaf)
Marius Nel ontvang die trofeë vir die senior victor ludorum van mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se skoolhoof. (Foto: Verskaf)
Lana Herholdt ontvang die trofeë vir die senior victrix ludorum van mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se skoolhoof. (Foto: Verskaf)
Tyrone Berning ontvang die trofeë vir die junior victor ludorum van mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se skoolhoof. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version