EKSKLUSIEF AANLYN: Erries verwelkom nuwe graad agt-leerders

Hulle het later die middag ’n Errietoets afgelê om te verseker dat dié nuwelinge op hoogte is van wat dit behels om ’n Errie te wees.

Hoërskool Ermelo se gr. 8 leerders staan vanjaar bekend as legkaartstukke.

Dié 137 nuwe legkaartstukke is na afloop van die oriënteringsnaweek wat op 17 Janaurie afgeskop het, as volbloed Erries verwelkom.

Die eerste naweek van elke skooljaar by Hoërskool Ermelo is sonder twyfel ’n onthou-naweek in die lewe van elke nuwe gr. 8-Errie.

Hoërskool Ermelo se Errieraad het die leerder in groepe verdeel waarna hul mekaar leer ken het.

Hulle het later die middag ’n Errietoets afgelê om te verseker dat dié nuwelinge op hoogte is van wat dit behels om ’n Errie te wees.

Die leerlinge, geklee in hul skooldrag, het aangetree en mnr. Pieter Grobler, die skoolhoof, het die skool se erekode voorgelees.

Die klasse is een vir een na die tradisiekamer geneem waar verskeie onderwysers ’n onderhoud met elke leerder gevoer het en die EHS-erekode onderteken het.

Ná ’n aand vol koshuiskaskenades en min slaap het die gr. 8-leerders op 18 Januarie by die ouditorium aangemeld vir die jaarlikse baadjieseremonie.

Tydens dié spesiale geleentheid trek elke gr. 8-leerder se ouers vir die eerste keer hul skoolbaadjies vir hul kinders aan.

Die oriënteringsnaweek is afgesluit met die leerders wat vir die eerste keer Hoërskool Ermelo se skoollied gesing het.

Mnr. Grobler het gesê: “Die EHS is die skool vir my, daar is geen ander skool soos hy. Ons sing dit uit met harte bly, hy is en bly die skool vir my. Mag hierdie woorde diep in die harte van elkeen van ons nuwe legkaartstukkies gaan lê.”

Exit mobile version