Errie-ruiters presteer by SA-kampioenskap

In die 80cm-kampioenskapsklas is Inge van der Walt as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys.

Drie ruiters van Hoërskool Ermelo het vanaf 8 tot 14 Desember aan die Suid-Afrikaanse Ruiterkuns-jeugkampioenskap deelgeneem wat by Kayalami Equestrian-park plaasgevind het.

Surika Struwig en haar perd, Midas Touch Jedi, het ’n derde plek in die spanafdeling vir die ope dressage-klas, ’n vyfde plek in die individuele junior elementary medium-kompetisie sowel as ’n vyfde plek in die vrystyl-afdeling van die junior elementary medium-klas behaal.

Surika Struwig in aksie tydens die Suid-Afrikaanse Ruiterkuns-jeugkampioenskap by Kayalami Equestrian-park. (Foto: Verskaf)

Met haar ander perd, Janic Fosfor, het sy ’n derde plek in die junior-klas vir beginners verower.

In die 80cm-kampioenskapsklas is Inge van der Walt as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys.

Sy het ook tweede, derde en vierde plekke in verskeie ander klasse waaraan sy deelneem het, ontvang.

Walter van der Walt het ’n sesde plek in die 1,10m-kampioenskapklas behaal.

Walter van der Walt in aksie tydens die Suid-Afrikaanse Ruiterkunsjeugkampioenskap by Kayalami Equestrian-park. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version