EHS pronk met nuwe geveerde gelukbringer, Errie die Arend

Die Errie-Arend sal voortaan by alle amptelike EHS-geleenthede te siene wees en van tyd tot tyd ook toeskouers verras.

Hoërskool Ermelo pronk deesdae met ’n nuwe geveerde lid van die familie wat die geluk aan die Erries se kant sal bring.

Die nuwe gelukbringer, Errie die Arend is tydens die skool se opening op 15 Januarie bekend gestel.

Gedurende Hoërskool Ermelo se 106 jaar bestaan het die arend nog altyd ’n rol in die skool se geskiedenis gespeel.

Mnr. Kotze, die eerste skoolhoof van Hoërskool Ermelo, het reeds in 1914 die arend op die EHS-wapen aanvaar.

Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof, het gesê: “Die Arend is ’n voël met visie wat binne die Errie-kultuur ook verteenwoordigend spreek van

EHS se begeerte om ons skool se Godgegewe roeping te vervul.”

LEES OOK: Hoërskool Ermelo behaal goeie matriekslaagsyfer

Hy het bygevoeg dat onderwysers, ouers en leerders ’n eenheid vorm wat met behulp van God se leiding, die skool na nuwe hoogtes sal neem.

Die Errie-Arend sal voortaan by alle amptelike EHS-geleenthede te siene wees en van tyd tot tyd ook toeskouers verras.

Die personeel nooi Ermeloërs uit om op die uitkyk vir Errie die Arend te wees en nie te huiwer om ’n foto saam met hom te neem, ’n geselsie aan te knoop of selfs ’n danspassie of twee saam hom uit te voer nie.

Mnr. Pieter Grobler, hoof van Hoërskool Ermelo verwelkom die nuwe gelukbringer, Errie die arend by die opening. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version