Local newsNews

VLU Robyn skop die jaar op positiewe noot af

Die boodskap het twee keuses - om die suur van 2019 saam te dra of toe te laat dat hulle groei in 2020 uitgebeeld.

Die Vroue Landbou-unie se Robyntak het op 7 Januarie hul eerste vergadering vir die nuwe jaar met die tema Das “2020” aangebied.

Me. Susan van Wyk het die oggend met ’n boodskap van hoop geopen.

Die boodskap het twee keuses – om die suur van 2019 saam te dra of toe te laat dat hulle groei in 2020 uitgebeeld.

Me. Lenie Groenewald, takvoorsitter, het gesê: “Elkeen se das is noukeurig nagegaan en ons het besef dat dit nie net vroue is wat klere in hulle kas het wat nie gedra word nie.”

Die jaarbeplanning is gedoen en datums vir verskeie projekte en vergaderings is neergepen.

VLU Robyn-tak se volgende vergadering sal 11 Februarie by Ermelo Hoërskool se Landbousaal plaasvind.

Die tema is “Rooi vir Valentynsdag”.

Enige iemand wat by dié tak wil aansluit, kan me. Groenewald skakel by 073 254 5467.

Related Articles

Back to top button