Ligbron se matriekklas van 2019 behaal skitterende prestasies

Simone Stapelberg is die beste presteerder by Ligbron met sewe onderskeidings en ’n gemiddelde persentasie van 89,9%.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se matriekklas van 2019 het ’n slaagsyfer van 98,6% behaal.

Simone Stapelberg is die beste presteerder met sewe onderskeidings en ’n gemiddelde persentasie van 89,9%.

Die groep het 147 onderskeidings en 131 B-simbole ontvang en altesaam 68% van die leerders het met vrystelling van Baccalaureus geslaag.

Ligbron het vir die 16de agtereenvolgende jaar geen druipeling in Wiskunde nie.

Twee leerders, Renate Krause en Hloni Sibanyoni, het ses onderskeidings ontvang.

Musa Dlamini, Boitu Mathabatha, Lian Fourie en Wian Roets het vyf onderskeidings behaal en Aldo Myburgh, Petru Zeelie, Charl du Toit en Rizqah Tayob het elk vier onderskeidings gekry.

Exit mobile version