Local newsNews

Ermelo vir Loxton-projek is volstoom aan die gang

Dié groep boere het die projek #dorpvirdorp geloods om op die kleiner dorpe wat onder erge droogte gebuk gaan te fokus en ’n meer hegte band met die inwoners van daardie dorpe te vorm.

Die boere van Ermelo Oos Boerevereniging is reeds vroeg besig om mielies in te samel wat hulle in Loxton wil aflewer.

Volgens mnr. Lion du Plessis benodig hulle nog ’n paar ton om die vragmotor vol te maak, en beoog hulle om genoeg mielies in te samel om ook ’n tweede vragmotor te stuur.

LEES OOK: VIDEO: Ermelo boere vertrek na droogtegeteisterde-Loxton

Saam met die mielies wat benodig word, benodig hulle ook geld om die diesel te betaal en vir veemedisyne.

Dié groep boere het die projek #dorpvirdorp geloods om op die kleiner dorpe wat onder erge droogte gebuk gaan te fokus en ’n meer hegte band met die inwoners van daardie dorpe te vorm.

LEES OOK: VIDEO: Ermelo Oos Boerevereniging benodig hulp vir Loxton-boere

Mnr. du Plessis het vertel dat donasiebokse by BKB, TWK en Hinterland beskikbaar is.

Mense kan veemedisyne en voer aankoop en in die bokse plaas.

“Vitamien-aanvullings kan aangekoop word vir slegs R100, so dit is moontlik vir enige iemand om ’n bydrae te maak, selfs net gebed vir die boere van Loxton en hulle gesinne is voldoende.”

’n Facebook-bladsy met die naam “Ermelo vir Loxton” is geskep waar mense kan deel raak van dié projek.

Vir meer inligting oor dié projek, skakel mnr. du Plessis by 084 811 4270.

Related Articles

Back to top button