Local newsNews

Ermelo boere verwelkom reën

Mnr. Lion du Plessis, het vertel dat hy in die Ermelo-Oos gebied geleë is en het al sowat 230mm reën gehad.

Ermelo en omliggende dorpe se inwoners het na die onlangse reën, gesien hoe damme en riviere se watervlakke bo verwagtinge styg.

Oorstromings van laewaterbrûe het reeds op verskeie plekke om Ermelo voorgekom.

Blesbokspruit tussen Morgenzon en Standerton het op 9 Desember oorgeloop en die pad was vir verkeer gesluit gewees.

Me. Elize Barnett het aan die Hoëvelder vertel dat hulle plaas naby Spitskop in Breyten die afgelope week sowat 290mm reën gehad het, en dat hulle tans geen toegang het tot die plaas nie.

Sy het bygevoeg dat ’n laewaterbrug op die pad na Vlakfontein-skietbaan ook oorstroom het, en dat die dam daar naby oorloop.

Mnr. Lion du Plessis, het vertel dat hy in die Ermelo-Oos gebied geleë is en het al sowat 230mm reën gehad.

“Ons is baie dankbaar vir al die reën, maar saam met die reën het ons al baie skade gelei omdat ons agter raak met ons werk en nie nou naby die lande kan kom nie.”

’n Boer op die Morgenzonpad, mnr. Wikus Botha, het vertel dat sy gronde  baie droog was en dat hy die reën verwelkom.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button