Local newsNews

Ermelo Fotokub wys beste fotograwe vir die jaar aan

Mnr. Jacques Kruger is as die junior fotograaf van die jaar aangewys. Hy het ’n totale jaarpunt van 242 punte bymekaar gemaak.

Ermelo Fotoklub het op 7 Desember hul jaareindfunksie en prysuitdeling by BUTR restuarant geniet.

Die lede het heerlik saam gekuier en hulle nie deur die kragonderbrekings laat onderkry nie.

Mnr. Jacques Kruger is as die junior fotograaf van die jaar aangewys.

Hy het ’n totale jaarpunt van 242 punte bymekaar gemaak.

LEES OOK: Ermelo Fotoklub sluit die jaar af met besondere foto’s

Me. Rosa van Schalkwyk is met 390 punte as die senior fotograaf van die jaar aangewys.

Ermelo Fotoklub se eerste byeenkoms vir die nuwe jaar sal op 17 Januarie 2020 plaasvind.

Dié klub se voorsitter, me. Christa Strauss het alle belangstellende fotograwe aangemoedig om by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting oor die fotoklub stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

Mnr. Jacques Kruger is tydens Ermelo Fotoklub se jaareindfunksie as die junior fotograaf van die jaar aangewys. (Foto: Verskaf)

Me. Rosa van Schalkwyk is tydens Ermelo Fotoklub se jaareindfunksie as die senior fotograaf van die jaar aangewys. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button