Talento Mulher VLU kuier heerlik saam tydens jaarafskeidfunksie

Me. Sue Nell, Talento Mulher se voorsitter, het gesê: “Een van ons hoogtepunte vanjaar was ons bywoning van die kankervereniging se geldinsamelings-funksie.”

Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak het onlangs hulle jaarafskeidfunksie by een van die lede se huise geniet.

Hulle het saam met hul families heerlik om die braaivleisvure gekuier.

Me. Sue Nell, Talento Mulher se voorsitter, het gesê: “Een van ons hoogtepunte vanjaar was ons bywoning van die kankervereniging se geldinsamelings-funksie.”

Sy het vertel dat hulle tema “Alice in Wonderland” was en dat almal snaakse hoede gedra het.

Dié tak sien uit na die uitdagings wat die nuwe jaar vir hulle inhou en nooi alle vroue wat belangstel om by die tak aan te sluit om me. Nell te skakel by 084 889 8597.

Exit mobile version