NewsSchools

Hoërskool Ermelo groet staatmaker-onderwyser

Me. Rademeyer was vir almal ’n voorbeeld met haar uitsonderlike vakkennis en pligsgetrouheid.

Hoërskool Ermelo groet me. Shareen Rademeyer aan die einde van die skooljaar.

Sy was vir die laaste vyf jaar deel van die Errie-familie.

Me. Rademeyer was vir almal ’n voorbeeld met haar uitsonderlike vakkennis en pligsgetrouheid.

Sy was bekend gewees vir die nuwe perspektief wat sy aan “English Home Language” met haar Poetry Club (vir Afrikaanse en Engelse leerders) gebied het, asook die inisiatief met die SALA Public Speaking deelname van EHS-leerders.

Mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê, : “Shareen se kreatiwiteit en positiewe gesindheid was vir elke Errie en die Errie-personeel ’n inspirasie.”

“Ermelo was in haar grootwordjare haar tuiste, en dit is hier waar haar wortels diep lê.  Soos die akkerbome op die terrein, is Shareen ook ‘n onlosmaaklike deel van die Erries.”

Related Articles

Back to top button