Geliefde Afrikaanse-juffrou tree na 43 jaar by EHS af

In die meer as vier dekades wat sy by dié skool betrokke was, verlaat sy die skool met baie herinneringe.

Me. Anne-Marie van Heerden, ’n onderwyseres aan Hoërskool Ermelo, sal aan die einde van die eksamen, haar klaskamerdeur ná 43 jaar diens by EHS vir ’n laaste keer toetrek.

In die meer as vier dekades wat sy by dié skool betrokke was, verlaat sy die skool met baie herinneringe.

Me. van Heerden wat aanvanklik Staatsleer en Internasional Politiek studeer het, het na ’n maand wat sy gewerk het besef dat onderwys haar roeping was.

Sy het in 1977 onder leiding van mnr. ABK van Zyl by EHS aangesluit en het eers Geskiedenis en Aardrykskunde aangebied.

Haar groot liefde en passie was egter altyd Afrikaans gewees en sy het slegs drie jaar na haar aanstelling dié vak aangebied.

Sy vertel dat sy altyd vir haar Afrikaanse-klasse meer as net die taal kon leer.

“Daar is soveel lewenslesse in Afrikaans, soos met Paljas se boodskap – jy mag maar jy wees.”

Exit mobile version