Foto’s van beeskarkasse na hul deur hael op Ermelo geslaan is, sirkuleer op sosiale media

Na wat verneem word, is dié beeste in ’n kraal deur die hael getref op Ermelo voordat die beeste geslag is. 

Foto’s van beeskarkasse met haelskade sirkuleer tans op verskeie WhatsApp-groeppe.

Hael het op 18 November groot skade aan voertuie, ondernemings en ander eiendom op Ermelo gerig.

LEES OOK: Hailstorm causes extensive damage in Ermelo

Gholfbalgrootte hael is deur verskeie inwoners opgemerk en op die Hoëvelder se Facebookblad gedeel.

Die Hoëvelder is tans op soek na die persoon wie die foto’s gedeel het om meer inligting te verskaf.

Na wat afgelei kan word van ’n klankgreep, is dié beeste in ’n kraal deur die hael getref op Ermelo voordat hul geslag is.

https://highvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2019/11/WhatsApp-Audio-2019-11-20-at-4.10.54-PM-online-audio-converter.com_-1.mp3?_=1

Indien jy die persoon ken wie die foto’s geneem het, stuur gerus sy besonderhede na editor@highvelder.co.za of laat hy gerus met ons in verbinding tree by 017 811 2221.

SIEN OOK: Tornado allegedly uproots several trees and causes damage to houses on farm outside Ermelo

 

Exit mobile version