Local newsNews

Ermeloërs word genooi na Bethal Pastoriemark

Uitstallers van so ver as Harbeespoort, Villiers, Grobblersdal, Pretoria en Rustenburg is vanjaar met hul unieke produkte by die mark te siene.

Die NG Gemeente Bethal-Oos nooi Ermeloërs om hulle sewende Pastoriemark te ondersteun.

Dié Pastoriemark word vanjaar aangebied ten bate van TUTELA (Christelike Maatskaplike Raad).
Die mark vind op die terrein van N.G. Bethal-Oos Gemeente vanaf 26 November tot 29 November om 9vm tot 7nm plaas. Die kerk is in Wichtstraat geleë.
’n Verskeidenheid van items gaan beskikbaar wees, onder andere skilderye, naald-, hekel- en breiwerk, draad-, hout-, glas-, blik-, karton- en papiewerke; kers- en kleinkoekies, opvoedkundige speelgoed, pophuismeubels, kombuis hulpmiddels, baba- en kinderitems, klere, juwele, verskeidenheid tuisgemaakte lekkers en nog vele meer.
Uitstallers van so ver as Harbeespoort, Villiers, Grobblersdal, Pretoria en Rustenburg is vanjaar met hul unieke produkte by die mark te siene.
’n Teetuin sal daagliks oop wees tussen 9.30vm en 4nm vir heerlike soet en sout geregte.
Wegneemaandetes sal vanaf 5nm te koop wees teen R45 per persoon.
Die spyskaart vir die week is – Dinsdagaand: Boboti met geelrys en slaai. Woensdagaand: Hoenderpastei met twee slaaie en Donderdagaand: Lasagne met ‘n broodrolletjie en slaai.
Om teleurstelling te voorkom bestel vroegtydig by me. Marie Botha by 082 461 4050 of kontak die kerkkantoor by  017 647 3202.
Vir meer inligting oor die Pastoriemark of uitstallings kontak me. Marita Oosthuizen by 082 291 3558.

Related Articles

Back to top button