MunicipalNews

Ermeloër bedank Msukaligwa Munisipaliteit vir positiewe veranderinge wat hy op dorp gemerk het

Dié inwoner het ook bygevoeg dat die paaie beter lyk met strepe wat gereeld geverf word en stopstrate wat opgerig is.

’n Inwoner van Ermelo het onlangs sy dankbaarheid teenoor Msukaligwa Munisipaliteit uitgespreek vir die verbeterings wat hy op die dorp opgemerk het.

Hy het die munisipaliteit ’n pluimpie gegee oor die straatligte wat herstel is, slaggate en sypaadjies wat herstel word en die dorp wat skoongehou word.

Dié inwoner het ook bygevoeg dat die paaie beter lyk met strepe wat gereeld geverf word en stopstrate wat opgerig is.

Hy het hulle ook vir die kragbokse wat reeds herstel is, bedank.

“Dankie aan die wat aan die munisipale bestuur. Ons kan nou ook sien waarvoor ons belastinggeld gebruik word.”

Related Articles

Back to top button