Local newsNews

Ermelo Fotoklub spog met November se wenfotos

Mnr. Prinsloo met “Cape Peninsula” is as die junior-wenner aangewys en me. Smalberger is met haar foto “oopbek” as die senior-wenner aangewys.

Mnr. James Harris van Secunda was die spreker op Ermelo Fotoklub se maandvergadering wat op Vrydag, 25 Oktober gehou is.

Hy was vir ses jaar die Mpumalanga-streeksdirekteur by PSSA en het oor die Sabie-kongres gepraat.

Lede van die klub kry elke maand die kans om foto’s in verskeie kategorieë, asook in die vasgestelde onderwerp, in te skryf.

Mnr. Prinsloo met “Cape Peninsula” is as die junior-wenner aangewys en me. Smalberger is met haar foto “oopbek” as die senior-wenner aangewys.

Die vasgestelde maandonderwerp was “Night Lights”.

Mnr. Jacques Kruger is met sy foto “Filaments” as die junior-wenner aangewys en mnr. Jan van Niekerk met “Hilton” is as die senior-wenner aangewys.

Vir enige navrae en inligting, kan ’n e-pos gestuur word na ermelofotoklub18@gmail.com.

Related Articles

Back to top button