Bekommerde boere van Ermelo gesels oor droogte

Die vernietigende droogte raak nie net nie saaiboere wat graanaanplanting moet begin nie, maar ook die veeboere wie se voer vir hul diere einde se kant toe staan.

Boere in die Ermelo-omgewing ervaar tans die droogste Oktober, met reënval wat wissel tussen 0mm en 10mm op sommige plekke.

Meeste boere glo dat 10 Oktober die dag is waarop daar elke jaar goeie reën val, maar vanjaar het dié dag gekom en gegaan sonder enige reën.

Dít laat die boere egter nog nie moed verloor nie, en hulle glo die reën sal kom.

Volgens mnr. Jannie Myburgh, ‘n boer in die Ermelo-omgewing, het van die boorgate op sy plaas wat in die laaste 22 jaar nog nooit droog was nie, onlangs opgedroog.

Die vernietigende droogte raak nie net saaiboere wat graanaanplanting moet begin nie, maar ook die veeboere wie se voer vir hul diere einde se kant toe staan.

‘n Ander boer in die Oostelike gedeelte van Ermelo, mnr. Janneman Roberts, het aan die Hoëvelder vertel dat jong mielieplante uiters afhanklik is van reën en as die plant in die vroeë stadium vir slegs ‘n paar dae onder stremming verkeer, sal dit ‘n kleiner oes tot gevolg hê.

Dit is hoofsaaklik die rede waarom baie boere die besluit geneem het om die saaiproses vir eers te staak.

Dié staking van die plantseisoen, plaas weer druk op die boere om dieselfde hoeveelheid werk in minder tyd te voltooi, omdat die boere in dié omgewing glo dat mielies op die laatste teen 7 November geplant moet word.

Maak seker om jou kopie van die Hoëvelder te kry, om die volledige berig te lees.

Exit mobile version