Local newsNews

Nuwe komitee verkies vir Hoëveld Landboufees 2020

Mnr. Molie Mentz is tydens die vergadering as die nuwe voorsitter gekies en mnr. Adam Barnard is as die vise-voorsitter gekies.

’n Nuwe skoukomitee is op 16 Oktober, tydens die Hoëveld Landboufees se algemene jaarvergadering gekies.

Met die skou wat vroeg in Maart 2020 sal plaasvind, is die nuwe komitee reeds hard aan die werk om dit self groter as die jaar se skou te maak.

Die kunstenaars vir die skou is reeds bespreek, en Ermeloërs kan ook gereed maak vir hope plaaslike talent op die verhoog.

Mnr. Molie Mentz is tydens die vergadering as die nuwe voorsitter gekies en mnr. Adam Barnard is as die vise-voorsitter gekies.
Mnr. Carel Jacobsz is as die tesourier gekies.
Additionele lede wat op die komitee sal dien, is mnr. Dave Harris, mnr. DC Swart, mnr. Jannie Jacobsz, mnr. Jan Kirk, me. Silvija Breytenbach en me. Lynette Hattingh.
Die komitee is opgewonde oor volgende jaar se skou en sien uit na die vele uitdagings wat voorlê.

Related Articles

Back to top button