NewsSchools

Ligbron se ESport derde in Suid-Afrika

Ligbron se E-sport span die algeheel in die derde plek in Suid-Afrika geëindig.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se ESport Dota-span het vanaf 11 tot 13 Oktober aan die eindronde van “VS Gaming High School Esports League” by die Maverick Gaming Centre in Sandton deelgeneem.

Ligbron se Esport-span het algeheel derde in Suid-Afrika geëindig.

Dié liga is die enigste in sy soort wat net vir hoërskoolleerders is.

Skole landwyd het deelgeneem met Grey Hoërskool wat die eerste plek ingeneem het en Parklands College wat tweede geëindig het.

Die span het hul borge, Re Accounting, Fantech en SpeedyRoof bedank wat die eindronde vir hulle moontlik gemaak het.

Ligbron se E-sport span in aksie tydens die eindronde van “VS Gaming High School E-sports League” by die Maverick Gaming Centre in Sandton. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button