Artisticulta Kultuurfees ’n fees vir Errie-leerders

Dit was ’n geleentheid wat aan die leerders gebied is om verhoog-tyd en –ondervinding op te doen, om die leerders se selfvertroue te verbeter.

’n Groep van Hoërskool Ermelo se leerders het op 9 Oktober aan die eerste Artisticulta Kultuurfees wat by die EHS Ouditorium aangebied is, deelgeneem.

Dié geleentheid is deur die At Strydom Dramaskool aangebied .

Dit was ’n geleentheid wat aan die leerders gebied is om verhoog-tyd en –ondervinding op te doen, om die leerders se selfvertroue te verbeter.

Al die Erries wat deelgeneem het aan die onderskeie items soos tonele, monoloë, samespraak, poppekas, gedramatiseerde prosa en poësie, onvoorbereide lees en dialoë, het uitstekend gevaar.
EHS se items het almal A+ en A++ simbole, met een uitsondering van slegs ’n A-simbool behaal.
Exit mobile version