EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vier Trichardsfontein se 140ste bestaansjaar

’n Tafel vir 10 verkoop vir R3 500 of kaartjies is teen R350 per persoon is beskikbaar.

TRICHARDT – Die Nederduitsch Hervormde Kerk Trichardsfontein vier hul 140ste bestaansjaar op 25 en 26 Oktober.

Die feesvieringe skop met ’n bring en braai op Vrydag, 25 Oktober om 6nm, by die oukerkgebou af. Pap en sous sal voorsien word, bring net jou eie drinkgoed en glase.

Richard van der Westhuizen, Hein en Charné maak Saterdag, 26 Oktober op die dorp ’n draai.

Kuier reeds saam van 8vm tot 6nm terwyl Radio Kragbron vanaf die feesvieringe uitsaai en uitstallers allerlei lekkernye verkoop.

Waarvoor almal wag vind natuurlik Saterdagaand plaas.

Andries Vermeulen tree by Lake Umuzi in Secunda op en wyn en memorabilia sal opgeveil word.

’n Tafel vir 10 verkoop vir R3 500 of kaartjies is teen R350 per persoon is beskikbaar.

Vir meer inligting, skakel Piet Strydom by 083 997 2418, Carien Helberg by 072 151 8951, Marie de Vos by 083 866 2511 of die kerkkantoor by 017 638 1134.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button