CrimeNews

Sake van verkragting by Ermelo Polisiestasie geopen

Twee mans het die vroue genader en met ’n mes gedreig, waarna hulle die 19-jarige vrou na ’n naby geleë veld geneem en verkrag het.

Daar is drie verkragtingsake by Ermelo Polisie geopen die afgelope week.

Volgens kapt Carla Prinsloo, woordvoerder vir Ermelo Polisie, het die eerste voorval op 28 September omstreeks 10nm in Uitbreiding 32 plaasgevind.

’n 26-jarige vrou was onderweg na haar huis, toe ’n groep mans haar voorgekeer het.

“Hulle het haar deursoek, R100 kontant gesteel en haar verkrag.”

Die tweede geval het op 29 September plaasgevind, toe ’n 19-jarige vrou, saam met haar vriendinne op pad na ’n kroeg in New Ermelo was.

Twee mans het die vroue genader en met ’n mes gedreig, waarna hulle die 19-jarige vrou na ’n veld geneem en verkrag het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button