Ermelo Polisie het ’n geregtelike nadoodse ondersoek geopen, nadat die liggaam van mnr. Theuns Jan Harm Jacobus Crafford, op 18 September deur ’n familielid gevind was.
Die Hoëvelder het op 9 September, berig dat hy as vermis aangemeld was.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder vir Ermelo Polisie, was mnr. Crafford op 29 Augustus om 7vm laas gesien.
LEES OOK: Polisie versoek hulp om vermiste persoon op te spoor