Ermelo vroue geniet inspirerende oggend saam Susan Coetzer

Die gasspreker vir die dag was me. Susan Coetzer, wat haar boek, Koeke en Terte, bekend gestel het.

Me. Sonja Kirk het op 14 September ’n vroue-oggend, om die vroue van Ermelo te inspireer en boodskap van hoop te bring, aangebied.
Me. Kirk het gesê: “Ek het sowat drie jaar gelede ’n pad met kanker gestap, en ek en my dogter het daarna besluit om elke jaar fees te vier om hoop aan ander te bring.”
Die tema vir die dag was “Piekniekmandjies vol inspirasie”.
Die gasspreker vir die dag was me. Susan Coetzer, wat haar boek, Koeke en Terte, bekendgestel het.
Haar boodskap aan elke vrou was, dat dit nie saak maak of jy ’n koek of ’n tert is nie, elkeen vorm deel van God se tuisnywerheid.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version