NewsSchools

Ligbron-krieketspanne val vas teen Cambridge en Piet Retief

Ligbron het 110 lopies vir vier paaltjies, na die 20 boulbeurte aangeteken, en het dié wedstryd met twee lopies verloor.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/14-krieketspan het op 9 September teen Cambridge College te staan gekom.

Cambridge het eerste gekolf en 112 lopies vir die verlies van drie paaltjies na hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

Ligbron het 110 lopies vir vier paaltjies, na die 20 boulbeurte aangeteken, en het dié wedstryd met twee lopies verloor.

LEES OOK: Ligbron-redenaars deur na nasionale eindronde van radikale redenaars

Die eerste dogters krieketspan het op 11 September, teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom, en het  slegs 37 lopies aangeteken.

Piet Retief het 166 lopies vir die verlies van twee paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken.

Cathy Turner het as bouler uitgeblink met die twee paaltjies wat sy geneem het met 28 lopies teen haar.

Ligbron se eerstespan het dié stryd met 129 lopies verloor.

 

Related Articles

Back to top button