Local newsNews

Muller-familie van Ermelo benodig gemeenskap se hulp

Sy vrou, Lorette, het vertel dat die dokters op 14 Augustus met die rekonstruksie van sy been begin het, maar dat mnr. Muller se bloeddruk en suikervlakke begin styg en dié operasie tot halt geroep is.

Mnr. Martin Muller (62) sterk by familie in Benoni aan, terwyl dokters poog om sy infeksietelling af te kry, nadat hy op 8 Augustus, sowat 10m in ’n leë swembad ingeval en verskeie breuke opgedoen het.

Hy het op 10 Augustus stabiliseerders in sy arm en been ontvang.

Sy vrou, Lorette, het vertel dat die dokters op 14 Augustus met die rekonstruksie van sy been begin het, maar dat mnr. Muller se bloeddruk en suikervlakke begin styg en dié operasie tot halt geroep is.

Me. Muller het gesê: “Ons moet nog die kostes van die ysterpenne betaal, wat ’n enorme bedraf van R150 000 is.”

Die gesin beskik nie oor ’n mediesefonds nie, daarom is daar ’n trustfonds by PAS-prokureurs geopen om geld in te samel vir die operasies wat volg.

Die rekening word kosteloos deur die maatskappy behartig en alle donasies word aangewend vir die mediese uitgawes.

Die rekening waarin donasies gemaak kan word is:

Pieter Stoffberg Ingelyf Trust,
Trustrekening,
FNB,
Ermelo,
Rekeningnommer: 62092150326,
Takkode: 270344,
Verwysing: CJ Muller.

Die gesin het almal wat reeds ’n bydrae gemaak het en hulle ondersteun het, bedank.

Related Articles

Back to top button