CrimeNews

Perde by Erica Boersema perdeterapie-skool met “2-step” vergiftig

Een van die jong perde, Champion, wat byna twee jaar oud is, het die slegste daarvan afgekom en is dood gevind.

Die eienaars van die Erica Boersema Perdeterapieskool in Camdenlaan was onlangs geskok toe hulle, wat hulle vermoed “2-step”-gif is, in die drinkwater van hul perde gevind het.

Volgens me. Lydia Boersema, het sowat sewe perde van dié water gedrink.

Een van die jong perde, Champion, het die slegste daarvan afgekom en is dood gevind.

Hy was sowat twee jaar oud.

‘n Ruiter het me. Boersema op 8 September gebel met die nuus dat die perd gevrek het.

Die ander jong perde het geen simptome van enige siektes getoon nie.

Die eienaars het eers vermoed dat Champion aan natuurlike oorsake gevrek het. By verdere ondersoek in die kampe, het hulle op die gif wat in die drinkwater van dié diere gegooi is afgekom.

Me. Boersema het gesê: “Meeste van die perde toon tekens van olikheid, maar ons hou steeds hul toestand dop.”

Die perdryskool huisves tans 22 perde.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button