Local newsNews

Jong man van Ermelo stap meer as 1 600km tydens pelgrimstog na Kaapstad

Sy pad was nie altyd maklik nie en hy is ’n paar keer aangeval en beroof van sy besittings, maar dit het dié besondere jong man nie gekeer nie.

Mnr. Siyabonga Simelane Swart (19) van Ermelo het vroeg in Maart sy pelgrimstog na Kaapstad met hoë verwagtinge aangepak.

Hy het vertel dat hy nadat hy by ’n veldtog teen stropery, in Limpopo betrokke was besluit het hy moet op die reis gaan om homself en God weer te vind.

Mnr. Swart het gesê: “God het my geroep om dié pad te stap en ek het geweet hy sal vir my sorg.”

Vir bykans vier maande het hy met sy sak, wat sowat 40kg geweeg, gestap na Kaapstad.

Sy pad was nie altyd maklik nie en hy is ’n paar keer aangeval en beroof van sy besittings, maar dit het dié besondere jong man nie gekeer nie.

In die laaste weke voor hy sy pelgrimstog sou voltooi het, het hy byna moed opgegee maar hy het vertel dat in dié dae God mense oor sy pad gestuur het, wat hom weer moed gegee het.

Lees die mnr. Siya se volledige berig oor sy uitdagings en hoogtepunte in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button