EKSKLUSIEF AANLYN – Skaaprus nou bekend as Bambanani

“Die misdaadsyfer het ooglopend gedaal en hoewel die mense nog swaarkry, bring elkeen sy deel.” Groot veranderinge word vir dié informele dorp beplan.

Die klein informele dorpie net buite Ermelo, wat eers bekend was as Skaaprus, is op 18 Julie amptelik as Bambanani heropen.

Skaaprus, wat sowat 800 mense huisves, is ’n afgeleë, informele nedersetting sowat 8km uit Ermelo op die Piet Retief-pad.

Mnr. Ian Campbell het in 2011, met net genoeg geld vir ’n graaf, pik, ’n stuk tou en ’n maatband, met die afmetings begin vir die fondasies van die voorskool wat hy opgerig het.

Mnr. Campbell het gesê: “Die verskil in die gemeenskap vandat ons betrokke geraak het, is duidelik sigbaar.

“Die misdaadsyfer het ooglopend gedaal en hoewel die mense nog swaarkry, bring elkeen sy deel.”

Groot veranderinge word vir dié informele dorp beplan.

Mnr. Bruce Campbell wat aan stuur van dié veraderinge is, se visie is om die inwoners te bemagtig deur klein eenvoudige ondernemings in die dorpie te open en die gemeenskap selfonderhoudend te kry.

Mnr. Campbell het gesê : “Ons glo dat as die gemeenskap die nodige ondersteuning en opleiding ontvang, hulle ’n sukses van die projek sal maak.”

Hy het vertel dat hulle tydens die projek op eenvoudige ondernemings wat eie aan Afrika is, gaan fokus en beoog om in die eerste fase sowat 40 ondernemings te open wat elk sowat R3 000 per maand sal genereer.

Geld word tans ingesamel om die projek, wat sowat twee jaar sal duur en bykans R2-miljoen benodig, te begin.
Om by die projek betrokke te raak, kontak mnr. Bruce Campbell deur ’n e-pos te stuur aan bruce@bambananivillage.co.za.

Exit mobile version