Local newsNews

Vlamme woed by De Rust-Christelikesentrum naby Sheepmoor

“Dit was ons droom en harde werk wat in dié vuur vernietig is.”

‘n Weghol-veldbrand het op 11 Augustus die bekende De Rust-Christelikesentrum naby Sheepmoor vernietig.

Volgens konst. Thembelihle Mshayisa, woordvoerder vir Sheepmoor Polisie, het dié brand omstreeks 3nm op ‘n nabye plantasie ontstaan en is deur sterk winde aangedryf.

Sy het bygevoeg dat boere van die omgewing tot ongeveer 11nm geveg het om die brand te blus.

Die vlamme het deur die sentrum gewoed en die kamers, badkamergeriewe, eetsaal en konferensiesaal het ondermeer in die slag gebly.

SIEN OOK: GALERY – Brand verwoes bekende vakansieplaas naby Sheepmoor

De Rust-Christelikesentrum is in 1985 deur mnr. Moolman Meyer en me. Rita Jacobsz gestig.

 

Sien vandeesweek se Hoëvelder vir die volledige berig.

Related Articles

Back to top button